EasyManua.ls Logo

Joolz Day3 - Page 46

Joolz Day3
49 pages
Print Icon
To Next Page IconTo Next Page
To Next Page IconTo Next Page
To Previous Page IconTo Previous Page
To Previous Page IconTo Previous Page
Loading...
9190
instruction manual Joolz Day
3
za
AFRIKAANS
WAARSKUWINGS
WAARSKUWINGS
VIR DIE DRABEDJIE
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK EN
HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG.
ONDERHOUD / WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep skoon.
Spoel dit met vars water en laat dit droog word. Moet
nooit bleikmiddels of ander chemiese reinigers gebruik
nie. Behandel die wiele en metaaldele periodiek
(ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou om glad te loop.
Die aluminiumdele van jou Joolz Day³-stootwaentjie
is geanodiseer om dit te beskerm teen eksterne
invloede soos korrosie. Geanodiseerde aluminium-
onderdele kan beskadig word deur suurreinigers of
vetterigheid, en dit kan vlekke of verkleuring van die
aluminiumonderdele veroorsaak. Daarom raai ons jou
aan om die aluminiumonderdele van jou stootwaentjie
met warm water en ’n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Die waarborgperiode van 24 maande begin
op die dag van aankoop. Die waarborg dek
vervaardigingfoute, maar nie die omruil of teruggee
van die produk nie. Die waarborg is slegs geldig as jy
die volgende items aan jou handelaar beskikbaar stel,
saam met die defektiewe produk:
1) ’n voltooide en korrek-ingevulde waarborgkaart,
2) ’n afskrif van die bewys van aankoop,
3) ’n gedetailleerde beskrywing van die defek.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Enige herstelwerk verleng nie
die waarborgperiode nie.
Die waarborgkaart is beskikbaar op joolz.com.
Voltooi asseblief dié kaart en dien dit digitaal in op die
webblad. Vul die raamnommer in; dit is op die plakker
aan die onderkant van die Joolz Day³-onderstel te kry.
DIE WAARBORG IS
ONGELDIG AS:
- die produk teruggegee is sonder die oorspronklike
bewys van aankoop,
- die defekte en/of skade veroorsaak is deur
verkeerde gebruik en/of deur modifikasies wat
deur die klant gemaak is,
- die verkleurings/vlekke veroorsaak is deur was,
reën of die son,
- die verweer en skeur die gevolg is van normale
gebruik,
- die defek die gevolg is van die gebruik van ’n
voetplank wat nie deur Joolz Day³ gesertifiseer
is nie.
Veiligheid was ’n belangrike oorweging deur die hele
ontwikkelingsproses van die Joolz Day³-stootwaentjie
en -bababedjie. Derhalwe voldoen Joolz aan die
hoogste veiligheidstandaarde:
Europa: EN 1888:2012 / EN 1466:2014/AC: 2015
United States: ASTM F833-15
Australia: AS/NZS 2088:2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak u handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
+ Moet nooit jou kind sonder toesig laat nie.
+ Maak seker dat al die sluittoestelle gekoppel is vóór
gebruik.
+ Om besering te vermy, maak seker dat jou kind
weggehou word wanneer jy dié produk oop- en
toevou of verstel.
+ Moenie jou kind toelaat om met hierdie produk te
speel nie.
+ Hierdie sitplekeenheid is nie geskik vir kinders onder
6 maande nie.
+ Gebruik altyd die weerhoudingstelsel.
+ Maak seker dat die aanhegtoestelle vir die
bababedjie-, sitplek- of karstoeltjie-eenhede korrek
aangesluit is vóór gebruik.
+ Dié produk is nie geskik vir hardloop of skaats nie.
+ Die Joolz Day³ -bababedjie en sitplekeenhede is
slegs verenigbaar met die Joolz Day³-onderstel en
omgekeerd.
+ Moenie ’n ekstra matras gebruik nie.
+ Enige lading wat aan die kante of stuur van die Joolz
Day³ -stootwaentjie gehang word, kan die stabiliteit
daarvan affekteer.
+ Die Joolz Day³ -bababedjie of sitplekeenhede kan
elk net een passasier dra.
+ Gebruik net liggaamsitplekke, karstoeltjies,
vervangingsonderdele en bybehore wat deur Joolz
goedgekeur is.
+ Vir karstoeltjies in kombinasie met die Joolz Day³-
onderstel; dié voertuig vervang nie ’n bababedjie
of ’n bed nie. As dit nodig word vir jou kind om te
slaap moet hy/sy in die Joolz Day³ stootwaentjie-
onderstel-, bababedjie of ’n bed neergelê word.
+ Moenie die stootwaentjie gebruik as enige van die
onderdele beskadig, geskeur of weg is nie.
+ Gebruik altyd die rotasieslot op die voorwiele
wanneer die stootwaentjie toegevou word. Versuim
om dit te doen kan lei tot obstruksie van die bande,
wat vervorming kan veroorsaak, veral in ’n warm
omgewing.
+ Koppel altyd die remme wanneer kinders in die
waentjie geplaas, of daaruit gehaal word.
+ Moenie bybehore wat nie deur Joolz beskikbaar
gestel word nie, gebruik nie.
+ Gebruik slegs onderdele wat deur Joolz verskaf of
aanbeveel word.
+ Dié sitplek is bedoel vir kinders van 6 maande tot ’n
maksimum gewig van 15 kg.
+ Die Joolz Day³ -bababedjie is geskik vir ’n kind wat
nie alleen kan regopsit, omrol of hom-/haarself op
sy/haar hande en knie kan opdruk nie. Maksimum
gewig van die kind: 9 kg.
+ Dié produk is slegs geskik vir ’n kind wat nie sonder
ondersteuning kan regopsit nie.
+ Gebruik slegs op ‘n ferm, horisontaal-gelyk en droë
oppervlak.
+ Moenie toelaat dat ander kinders sonder toesig naby
die drabedjie speel nie.
+ Moenie die drabedjie gebruik as enige deel daarvan
gebreek, geskeur of weg is nie.
+ Hou die Joolz Day³ weg van oop vure of ander
hittebronne, soos elektriese staafverwarmers,
gasvure, ens.
+ Die stuur en die onderkant van die drabedjie moet
gereeld nagegaan word vir tekens van skade of
verweer.
+ Maak vóór gebruik altyd seker dat die bufferstaaf
korrek gekoppel is aan die bababedjie/
sitplekeenhede.
+ Die kind in die drabedjie se kop moet nooit laer as
sy/haar liggaam wees nie.
+ Moenie ’n ekstra matras bo-op die matras wat deur
Joolz verskaf is, plaas nie.
Joolz - Day3 - manual - EMEA.indd 90-91 07-06-18 10:50

Related product manuals