EasyManua.ls Logo

Joolz Day+ - Page 118

Joolz Day+
124 pages
Print Icon
To Next Page IconTo Next Page
To Next Page IconTo Next Page
To Previous Page IconTo Previous Page
To Previous Page IconTo Previous Page
Loading...
118
AFRIKAANS
WAARSKUWINGS
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK
EN HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG. KOM DIE VERVAARDIGER SE
INSTRUKSIES NA.
+ Dié sitplekeenheid is bedoel vir kinders van 6
maande tot ’n maksimum gewig van 50 lbs/22 kg en
’n maksimum lengte van 100 cm/42,5 duim.
+ Dié sitplekeenheid is nie geskik vir kinders onder 6
maande nie.
+ Die drabedjie is slegs geskik vir ’n kind wat nie alleen
kan regopsit, omrol of hom-/haarself op sy/haar
hande en knie kan opdruk nie. Maksimum gewig van
die kind: 9 kg/20 lb.
+ Dié produk is nie geskik vir hardloop of skaats nie.
+ Moet nooit die kind sonder toesig laat nie.
+ Om besering te vermy, maak seker dat jou kind/
kinders weggehou word wanneer jy dié produk
verstel, oop- en toevou.
+ Let daarop dat vingers vasgeknel kan word wanneer
die babawaentjie/stootwaentjie toe- en oopgevou
word. Neem die nodige sorg in die proses.
+ Vermy ernstige beserings as gevolg van val of uitgly.
Gebruik altyd die weerhoudingstelsel.
+ Maak seker dat die sitplek- of karstoeltjie-eenhede
korrek gekoppel is vóór gebruik.
+ Maak seker dat die drabedjie, sitplekeenheid of
karstoeltjie se koppelingstoestelle korrek gekoppel is
vóór gebruik.
+ Die Joolz Day
+
-drabedjie en sitplekeenheid is
slegs verenigbaar met die Joolz Day
+
-onderstel en
omgekeerd.
+ Enige lading wat aan die stuurstang en/of aan die
agterkant of rugleuning en/of aan die kante van die
voertuig gehang word, kan die stabiliteit daarvan
affekteer.
+ Pakkies of bykomende items of beide wat op die
eenheid geplaas word, kan veroorsaak dat die
eenheid onstabiel raak. Oormatige gewig kan ’n
gevaarlike onstabiele toestand veroorsaak.
+ Die drabedjie of sitplekeenheid kan elk net een kind
op ’n keer dra.
+ Gebruik net karstoeltjies, vervangings- of
reserwedele en bybehore wat deur Joolz verskaf of
goedgekeur is.
+ Moenie enige kussing, donskombers of ekstra matras
vir opvulsel gebruik wat nie deur Joolz verskaf of
goedgekeur is nie.
+ Karstoeltjies wat in kombinasie met ’n onderstel
gebruik word, vervang nie ’n bababedjie of ’n bed
nie. As dit nodig word vir jou kind om te slaap moet
hy/sy volgens jou kind se behoeftes in ’n geskikte
wiegie, bed of goedgekeurde slaaparea neergelê
word.
+ Gaan die stootwaentjie se onderstel, drabedjie,
sitplekeenheid en bybehore gereeld na vir tekens van
skade of skeure.
+ Moenie die stootwaentjie gebruik as enige van die
onderdele beskadig, geskeur of weg is nie.
+ Sluit altyd die rotasieslot op die voorwiele voordat
die stootwaentjie toegevou word. Versuim om dit te
doen kan lei tot vervorming van die bande, veral in ’n
warm omgewing.
+ Koppel altyd die remme wanneer die kinders in die
waentjie geplaas, of daaruit gehaal word.
+ Maak seker die rempedaal is ten volle ingeskakel
wanneer die rem gebruik word.
+ Die maksimum gewig van die inkopiemandjie is
11 lbs/5 kg.
+ Die maksimum gewig van die rugleuningsak is
2 kg/4,4 lb.
+ Maak seker dat kinders nie in die stootwaentjie
klim nie.
+ Moenie ’n kind/kinders toelaat om met hierdie
produk te speel nie.
za
Joolz - Manual - Day+ - EMEA.indd 118Joolz - Manual - Day+ - EMEA.indd 118 31-03-2020 10:3731-03-2020 10:37

Related product manuals